Euro 2020: Dis Engeland teen Oekraïne

Engeland sal Saterdag teen Oekraïne in die kwarteindstryd van die 2020 Europese Kampioenskap in Rome te staan kom. Doele deur Raheem Sterling en Harry Kane het aan Engeland ‘n geskiedkundige twee-nul oorwinning oor Duitsland in die Wembley-stadion in Londen besorg. Dit is Engeland se eerste oorwinning teen Duitsland in ‘n mededingende wedstryd in dié stadion sedert die Wêreldbeker-eindstryd in 1966. Die Oekraïne het Swede met twee-een in Hampden in Skotland geklop.