EU werk aan ooreenkoms met Namibië vir groen-waterstof

Die Europese Unie beplan ‘n ooreenkoms met Namibië om die ontluikende groen-waterstofsektor te ondersteun en sy eie invoere van die brandstof ‘n hupstoot te gee terwyl die blok werk om sy afhanklikheid van Russiese energie te verminder. Tot op hede beslaan groen-waterstof net 2 persent van die EU se energiebronne. Die EU se energiestrategie in Mei het ‘n doelwit gestel om ten minste 10 miljoen groen waterstof teen 2030 in te voer, met nog 10 miljoen ton wat binne die blok geproduseer moet word. Volgens die plan sal die EU ‘n memorandum van verstandhouding met Namibië onderteken oor waterstof en minerale by die VN se klimaatsverandering konferensie in Egipte in November. Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, Obeth Kandjoze, het bevestig werk is aan die gang vir ‘n ooreenkoms oor groen waterstof, maar het nie kommentaar gelewer oor minerale nie.