DA wil brandstof dereguleer

Die DA sê hy het sy Wetsontwerp op die Deregulering van die Brandstofprys by die Suid-Afrikaanse Parlement ingedien vir verwerking deur regsdienste. Dit volg op nog ‘n verhoging in die brandstofprys. Die Departement van Minerale Bronne en Energie het aangekondig 93-oktaan petrol sal môre met twee-rand-37-sent per liter styg en 95-oktaan met twee-rand-57-sent. Die prys van diesel styg met twee-rand-31-sent per liter. Kevin Mileham van die DA sê die wetsontwerp poog om die Wet op Petroleumprodukte te wysig, wat die regering die mag gee om die prys van petroleumprodukte voor te skryf: