EU is verdeeld oor hulp aan armer nasies tydens voedselkrisis

Die Europese Unie is verdeeld oor hulp aan armer nasies te midde van die groeiende voedselkrisis in Afrika. Die EU beplan ‘n nuwe inisiatief wat armer nasies sal help om hul eie kunsmis te vervaardig en minder afhanklik van Russiese kunsmis sal maak. Sommige lede meen ‘n plan om in hierdie fabrieke te belê, sal met die EU se groen doelwitte bots. Volgens die EU is sanksies teen Rusland en Belarus  nie die oorsaak van die voedselnood nie.