Stand van Wêreldbevolking die week bekend

Die Suid-Afrikaanse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en die Verenigde Nasies se Agentskap vir Seksuele en Voortplantingsgesondheid stel Donderdag die verslag oor die Stand van Wêreldbevolking 2022 in Durban, KwaZulu-Natal, bekend. Die verslag kyk na die omvang en uitwerking van onbeplande swangerskappe op vroue, meisies, huishoudings, gemeenskappe, lande en wêreldwye ontwikkeling. Vyf-en-sestig persent van die swangerskappe in Suid-Afrika tussen 2015 en 2019 was onbepland en 36 persent het in aborsies geëindig. Die woordvoerder van die departement, Lumka Oliphant, sê die verslag sal na verwagting op die onsigbare krisis van onbeplande swangerskappe fokus: