Die aasvoëls kort jou hulp

Meer as 25 jaar gelede het die Namibiese Diere-rehabilitasie, Navorsing- en Onderrigsentrum, bekend as NARREC sy deure oopgemaak vir wilde beseerde en weesdiere. Die redding, versorging en rehabilitasie van wilde diere, tesame met bewusmaking en onderrig aan die publiek, was die afgelope jare NARREC se mandaat. Liz Komen, die direkteur en stigter van die sentrum, het ‘n beroep op barmhartige Samaritane gedoen om te help met die voeding van aasvoëls.