Eskom maan teen beurtkrag

As Eskom nog enige opwekkingsvermoë deur die loop van die dag verloor, sal die Suid-Afrikaanse kragvoorsienier noodgedwonge beurtkrag van fase een – of selfs fase twee – moet toepas. Eskom vra dat almal so min as moontlik krag gebruik om beurtkrag te vermy.