SAOG: Ramprisiko-bestuur vergader vandag

Die komitee van die SAOG se Ramprisiko-bestuur ministers ontmoet vandag om beleid en strategie in die verband te hersien. Die vergadering wat virtueel gehou sal word sal veral kyk na regulasies en lidlande se wetgewing oor ramprisiko-bestuur. Vordering in die implementering van SAOG riglyne oor rampbestuur sal ook oorweeg word. Klimaatsverandering word as die grootste bedreiging vir rampbestuur ge-ag. Droogte, vloede, hittegolwe en meer veroorsaak jaarliks meer skade in die SAOG-streek en kos regerings miljoene om te mitigeer.