Gay-nagklub die teiken van massaskietery in die VSA

Minstens vyf mense is dood en 18 beseer in ‘n skietvoorval in ‘n gay-nagklub in Colorado Springs in die Amerikaanse deelstaat Colorado. Volgens die polisie is ‘n verdagte in hegtenis geneem en het hy beserings opgedoen. Dit blyk uit ‘n verklaring deur die klubeienaars van Club Q dat die klante daarin kon slaag om die aanvaller te oorrompel. Die polisie het met hul aankoms die man in die klub aangetref. Die polisie het Lee Aldrich, 22 jaar oud in hegtenis geneem maar het geen motief vir die aanval gegee nie. President Joe Biden het die voorval ten sterkste veroordeel en sê geen vorm van haat moet geduld word nie.