Erfenisweek-vieringe kry dié jaar N$300 000

Die Nasionale Kunsteraad van Namibië sal die jaarlikse Erfenisweek met 300 000 Nambiese dollar borg, in vergelyking met die 140 000 Namibiese dollar in vorige jare. Die jaarlikse geleentheid het ten doel om Namibië se ryk en diverse erfenis te herdenk en te beskerm. Die raad se voorsitter, Patrick Sam, sê die Museumvereniging van Namibië sal deur die raad geborg word en elke streek sal 10 000 Namibiese dollar kry. Erfenisweek vind vanaf 20 tot 26 September plaas.