Elvis Blue gesels oor volkslied by All Blacks-Bok wedstryd

Die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaar Elvis Blue het op sy sosiale media platforms vir SA Rugby gevra of hy die volkslied kan sing wanneer die All Blacks in Augustus teen die Springbokke kom speel. Hy sê hy sal sy eie reiskostes dek en het beloof dat hy al die woorde van die lied sal ken. Volgens hom, was dit nog altyd sy droom om by so wedstryd die volkslied te kan sing… Hy sê wie nie waag nie, wen nie.

En toe vra ons hom om die volkslied vir ons te sing…

SA Rugby het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle bewus is van sy versoek en dat dit na die relevante partye, wat verantwoordelik is daarvoor, aangestuur is.