Ekandjo lewer tirade in NV oor ‘Westerse ideologië’

Dit is nou agt maande sedert die Swapo parlementslid Jerry Ekandjo sy private lede-wetsontwerpe ter tafel gelê het. Die wetsontwerpe is deur beide die Nasionale Vergadering en Nasionale Raad goedgekeur. Hulle het ten doel om die term “eggenoot” te definieer en die Huwelikswet te wysig, om die erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië te blokkeer. Ekandjo is woedend dat hy nog geen terugvoering van die president oor die wetsontwerpe gekry het nie. Hy het in die Nasionale Vergadering in ‘n tirade uitgevaar en gesê Namibië moenie toelaat dat Westerse ideologië Namibiërs beïnvloed nie.