EIF waarsku oor belegginsbedrogspul

Dit het onder die aandag van die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië, EIF, gekom dat daar ‘n vals beleggingsbedrogspul op die Telegram sosialemedia-platform is, waar die swendelaar ‘n winsgewende belegging van 1 000 Namibiese dollar belowe en na drie maande 5 000 Namibiese dollar terugkry. Die oortreders deel dan die EIF-webwerfskakel na die slagoffers as bewys dat die belegging wettig is. ‘n Soortgelyke video word op sosiale media versprei. Die EIF doen ‘n beroep op die publiek om enige bedrog aan hulle te rapporteer by complaints@eif.org.na.