Ekonoom verwag SA ekonomiese groei sal in 2022 met 2% afplat

Momentum Investments sê in sy ekonomiese vooruitsig vir 2022, Suid-Afrika se groei sal afplat van ‘n geraamde 4,9 persent in 2021 tot twee persent in 2022, en 1,8 persent in 2023. Die ekonoom, Sanisha Packirisamy, sê hulle verwag ook ‘n normalisering van huishoudelike besparing en ontknoping van opeenhopings in die voorsieningsketting. Munisipaliteite wat nie meer funksioneer nie en meer geld aan staatsinstellings wat finansieel en operasioneel swaarkry, is steeds die grootste risiko’s op die land se pad na fiskale konsolidering. Packirisamy verwag die algehele inflasiekoers sal gemiddeld 4,6 persent in 2022 wees, en 4,3 persent in 2023.