Eg Namibiese aanlynspeletjie nou beskikbaar

‘n Nuwe eg Namibiese aanlynspeletjie, genaamd Wrangle Run, is plaaslik bekend gestel. Die is ‘n nuwe, kindervriendelike speletjie propvol pret en aksie. Jy kan deur ‘n eksotiese eiland hardloop en spring om verskillende diere te red en nare stropers verslaan. Stefan Kruger, een van die ontwikkelaars van die speletjie, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.