Antwoorde geëis op vermeende verbod op Afrikaanse by Maties-kampus
AfriForum Jeug eis antwoorde oor bewerings dat Afrikaanssprekende studente aan die Universiteit van Stellenbosch verbied is om onder enige omstandighede hulle moedertaal te gebruik. Dit sluit ook informele sosiale en een-tot-een-gesprekke in. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie moes vroeër ook ondersoek instel na ʼn soortgelyke verbod op Afrikaans by die universiteit in 2021. ʼn Woordvoerder van AfriForum Jeug, René van der Vyfer, versoek die universiteit om aandag te gee aan hierdie beweerde menseregteskendings en te voorkom dat dit weer gebeur: