Efundja help Oponona-boere baie

Die efundja het groot verligting vir boere in die streke van Oshana en Omusati na die allerberlangrike Opononameer opgedroog het. Boere was genoodsaak om met min hulpbronne water vir die diere aan te ry. Die meer is uiters belangrik vir duisende vee om drinkwater te bekom. Voorheen was die krisis so groot dat NamWater van die Olushandja-dam water na Oponona gepomp het. Maar, met die efundja is daar genoeg water in die iishanas vir die diere, al het Oponona nog nie enige water ingeneeem het nie.’n Kleinskaalse boer in die Ondangwa landelike kiesafdeling in die Oshana-streek, Ileni Nandjato het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…