EFF: Betoging in Thembisa moenie in bloedbad ontaard

Die EFF doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Ekurhuleni Metropolisie-departement om beheer uit te oefen in hul interaksies met betogers in Thembisa aan die Gautengse Oos-Rand. Die party sê verskeie mense is dood as gevolg van wetstoepassers wat skote afgevuur het. Die EFF versoek die polisie om nie ‘n diensleweringsbetoging in ‘n bloedbad te verander nie. Leigh-Ann Mathys van die party vra die burgemeester van Ekurhuleni, Tania Campbell, om op die betogers se eise te reageer.