Tiger Woods gekant teen LIV-gholfreeks

Gholf: Die hoofbestuurder van die LIV-gholfkompetisie, Greg Norman, het bevestig Tiger Woods het tussen 11 en 13 miljard Namibiese dollar van die hand gewys om by die nuwe Saudi-gesteunde LIV-reeks aan te sluit. Die 15-malige Major-wenner sê hy bly getrou aan die PGA-toer. Woods is gekant teen die nuwe kompetisie. Hy sê hy sien nie langtermyn-voordele vir baie van die spelers nie, veral as die LIV-organisasie nie wêreldranglys-punte kry of groot kampioenskappe nie hulle kriteria vir inskrywings wysig nie.