DA: Polisiereserviste daal van 52 000 tot 4 000 in 10 jaar

Die DA sê die minister van polisie, Bheki Cele, het in effek die polisiereserviste-program in Suid-Afrika uitgewis, met die polisie wat van 2011/12 af 90 persent van sy reserviste verloor het. Dit is onthul in ‘n geskrewe antwoord op die party se vrae in die parlement. Die DA sê dit bewys Cele is sentraal in die uitkalwing van die program. Andrew Whitfield van die DA sê getalle het die afgelope tien jaar afgeneem van meer as 52 000 reserviste in die 2011/12-boekjaar tot die huidige 4 000.