Eerste buitelandse burgers verlaat Gaza deur Rafah
‘n Eerste groep burgerlike ontruimdes uit Gaza het ingevolge ‘n Katar-bemiddelde ooreenkoms Egipte binnegegaan terwyl Israeliese magte die Palestynse enklawe opnuut vanuit land, see en lug gebombardeer het in hul offensief teen Hamas-militante. Nog ‘n ontploffing het Jabalia, Gaza se grootste vlugtelingkamp, geskud, ‘n dag nadat Palestynse gesondheidsamptenare gesê het ‘n Israeliese lugaanval het sowat 50 mense doodgemaak en 150 gewond. Israel het gesê dat hy ‘n Hamas-bevelvoerder in die aanval doodgemaak het.