Goeie nuus vir SA varkboere

‘n Opname toon daar is goeie nuus vir Suid-Afrikaanse varkboere op die horison. Die uitvoerende hoof van die Escort varkvleis-verwerkingsonderneming, Arnold Prinsloo, sê die opname wys verbruikers oorweeg al hoe meer volhoubaarheid as ‘n sleutelfaktor wanneer aankoopbesluite gneem word, maar prys en gerief word steeds voorop gestel. Volgens die 2021-Globale Verbruikersinsig-polsopname sê 68 persent van inkopiegangers hulle soek steeds aktief na die beste aanbod. Prinsloo sê in vergelyking met ander vorms van proteïen, bly varkvleis ‘n top-mededinger in al drie kategorieë.