Eagles sien uit na naweek se driehoekige eendagreeks

Die Namibiese krieketspan, die Richelieu Eagles, sien uit na die driehoekige eendag-reeks wat die naweek in Windhoek afskop. Die reeks teen Papoea-Nieu-Guinee en Amerika begin Saterdag en duur tot 26 November. Die president van Krieket Namibië, dr. Rudie van Vuuren, deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.