Landelike gemeenskappe wil sê hê Cites-besluitnemingsprosesse

Die COP19 Cites-beraad vind tans in Panamastad in Panama plaas wat tot 25 November sal duur waar die Namibiese omgewingsministerie verskeie voorstelle ingedien het. Namibië, Zimbabwe en Eswatini het ‘n voorstel ingedien dat landelike gemeenskappe ‘n sê in Cites se besluitnemingsprosesse moet hê omdat hulle die bewaarders van wildlewe is. Danene van der Westhuyzen, voormalige president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, gee terugvoering oor die beraad vanuit Panamastad.