Bundestag-lid beskou samesprekings met premier as suksesvol 

Sevim Dagdelen, die lid van die Duitse parlement, die Bundestag en daardie land se Linkse Party, is tans op ‘n politieke besoek in Namibië. Sy sê haar vergadering met die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila oor die Duitse volksmoord was suksesvol. Hul samesprekings se fokus is op die sogenaamde Versoeningsooreenkoms tussen die Duitse en Namibiese regerings.  

Sy gaan die begraafplase by Okahandja en Waterberg besoek en geraakte gemeenskappe ontmoet.