Dwelms loop oop in naweek se misdaadverslag

Dwelms bly ‘n uitdagings vir Namibiese owerhede. In die jongste misdaadverslag was daar vyf beslagleggings op Rehoboth en een op Keetmanshoop. Kommerwekkend is die hoeveelheid sogenaamde skunk wat gekonfiskeer word. Skunk word vervaardig van onbestuifde daggaplante wat natuurlik hoër vlakke van THC bevat, wat gebruikers langer bedwelm. Kenners meen daar is redelik baie newe-effekte in die gebruik hiervan, wat paranoia en hallusinasies insluit. Daar is ook beslag gelê op Mandrax en dagga. Waardes wissel van 50 tot 4 000 Namibiese dollar.