Daar is hulp vir desperate moeders by die Ruach Elohim-stigting

Ronel Peters, mede-stigter van die Ruach Elohim-stigting, sê berigte van moeders wat hul pasgebore babas weggooi of vermoor, is baie hartseer. Daar is die afgelope maande ‘n toename in baba-stortings of moeders wat die lewens van hul pasgebore babas beëindig. Peters doen ‘n beroep op moedelose en desperate moeders om na hul stigting uit te reik waar ‘n helpende hand is. Sy sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is ‘n alternatiewe opsie.