DRK verklaar einde van Ebola-uitbreking

Gesondheidsowerhede in die Demokratiese Republiek van die Kongo het ‘n einde verklaar aan die land se 13de Ebola-uitbreking. Die eerste geval is in die oostelike deel van die Noord Kivu-provinsie op 8 Oktober bevestig. ‘n Totaal van 11 mense is besmet waarvan ses dood is. Daar is ‘n goedgekeurde entstof vir Ebola en twee behandelings wat gebruik word. Owerhede in die land word geloof vir hulle vinnige reaksie met die jongste uitbreking.