Dringende vergadering op Hosea Kutako-lughawe, vrag word tans deur SA herlei

Daar is op die oomblik ‘n verbod op die vervoer van vrag vanaf Hosea Kutako Internasionale Lughawe. Nie Menzies, wat op die oomblik die kontrak het om die vrag te hanteer nie, nog die Namibiese polisie, is gesertifiseer om vrag, volgens internasionale lugvaartstandaarde te hanteer nie. ‘n Dringende vergadering is Donderdagmiddag op die lughawe met rolspelers gehou en Kosmos 94.1 Nuus verneem dat internasionale rederye, wat Emirates insluit, gedreig het om vragvervoer vanaf die lughawe te staak. Die skandeerders op die lughawe is ook geraak maar, inligting in die verband is nog skraps. Passasiers sal nog onverhinderd vervoer word maar geen vragvervoer word toegelaat nie.