Cyril sê ommekeer in kragkrisis kom binnekort

President Cyril Ramaphosa sê armoede, werkloosheid en ongelykheid oorheers steeds die lewens van miljoene Suid-Afrikaners. Hy het gepraat by die amptelike Vryheidsdag-vierings in Klerksdorp, Noordwes. Hy sê vryheid kan nie sinvol wees wanneer huise en sakeondernemings vir etlike ure in die dag sonder elektrisiteit is nie. Ramaphosa sê dit is waarom die regering alle middele tot sy beskikking gebruik om Eskom se kragstasies te herstel en as ‘n saak van dringendheid nuwe opwekkingsvermoë probeer bou:

Intussen sê Ramaphosa die land is deur ‘n wêreldwye finansiële krisis getref, tesame met politieke, maatskaplike en ekonomiese skokke,  verergerende natuurrampe; en ook die ernstigste wêreldwye pandemie in meer as ‘n eeu. Hy sê dié terugslae het die verwoestende apartheidsnalatenskap van ongelykheid erger gemaak.