Rugby: Stormers kan tuis-eindstryd hê

Rugby: Die Stormers kan ʼn tuis-eindstryd in die Verenigde Rugby-kampioenskap verseker indien alles komende naweek vir hulle reg verloop. Die span het derde op die punteleer geëindig en verwelkom Saterdag een van die drie Ierse spanne wat nog oor is, Connacht, in die Kaapstad-stadion. Die voorlopers op die punteleer, Leinster, speel dieselfde aand teen Munster, wat sewende geëindig het. Indien die Stormers en Munster hulle onderskeie halfeindstryde wen, vind die eindstryd op 27 Mei in Kaapstad plaas