186 nuwe Covid-gevalle in ‘n week

Die Namibiese gesondheidsministerie het nog nie die jongste Covid-syfers in die land bekend gemaak nie. Covid is weer in die nuus as gevolg van die hoogs aansteeklike Omikron variant wat die rondes doen. Volgens die WGO is daar tot en met 5 Februarie 362 positiewe gevalle van die virus in die land aangemeld. Twee pasiënte is in die hospitaal maar is nie in intensiewe sorg nie. Gevalle het van die vorige week met 186 gestyg. Net meer as 291 000 mense is ten volle ingeënt.