Dra ‘n masker, schmuck, sê Arnie

Die Amerikaanse aksieheld en voormalige goewerneur van Kalifornië Arnold Schwarzenegger het groot kritiek uitgelok na ‘n onderhoud met Amerikaanse media wat hy homself sterk uitgespreek het teen diegene wat weier om maskers te dra en ook nie ingeënt wil word nie.

Hy sê mense moet na kenners luister.

Na sy aanmerkings het Redcon1, ‘n sportaanvullingsmaatskappy, hom onttrek van Schwarzenegger se Classic Arnold liggaamsbou-geleenthede. Die maatskappy sê sy aanmerkings is on-Amerikaans.