Dr. Zed Ngavirue onthou as spesiale gesant oor Nama-Heroro-volksmoord

Namibië se spesiale gesant oor die Nama-Herero-volksmoord van 1904 tot 1908, dr. Zed Ngavirue, is oorlede. Hy was 88. Dit is deur die presidensiële woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, bevestig. Omu Kakujaha-Matundu, senior lektor in die departement ekonomie aan die Universiteit van Namibië, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Zed onthou sal word as een van die Namibiërs wat apartheid beveg het en Namibië op verskillende vlakke verteenwoordig het.