Wes-Kaapse onderwysers word ingeënt

Meer as 50 personeellede van die Wes-Kaapse onderwysdepartement het hul Covid-19-inenting ontvang nadat die provinsie se inentingsveldtog met die Johnson & Johnson-entstof afgeskop het. Die LUR vir onderwys, Debbie Schäfer, het ‘n beroep gedoen op alle personeel in die basiese onderwys-sektor wat kwalifiseer, om van die geleentheid gebruik te maak.