Dr. Sean de Jager se vermeende aanvallers vasgetrek

Die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die 73-jarige dokter Sean de Jager in Oktober verlede jaar op Swakopmund aangeval het, is uiteindelik op die kusdorp in hegtenis geneem. De Jager is ernstig aangerand en beroof, waarna die verdagtes in sy voertuig gevlug het. Die twee verdagtes sal vandag in die Swakopmund-landdroshof verskyn. Sersant Anastacia Frans van die Erongo-streek bedank die informante wat inligting verskaf het.