Suid-Afrika verwelkom talle Nuwejaarsbabas

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, het 1 764 babas verwelkom wat op Nuwejaarsdag by verskeie openbare gesondheidsgeriewe in die land gebore is. Die eerste baba was ‘n 25-jarige ma se dogtertjie wat om middernag haar opwagting gemaak het by die Shongwe-hospitaal in Mpumalanga. Die woordvoerder, Foster Mohale, sê 894 dogtertjies is gebore teenoor 870 seuns, terwyl 65 ma’s tieners is tussen die ouderdom van 13 en 19 jaar oud.