Dr. Amadhila wens top-drie Namibiese vroue geluk

Voormalige Namibiese kabinetsminister, dr. Libertine Amadhila, is baie trots op die drie Namibiese vroue wat aangewys is as van die 100 invloedrykste mense in Afrika vir 2023. Hulle is die Namibiese Presidentsvrou en sakevrou in eie reg, Monica Geingos, bekroonde oogarts, dr. Helena Ndume, en die uitvoerende hoof van die Motorvoertuig-ongelukkefonds, Rosalia Martins-Hausiku. Reputation Poll International se lys is saamgestel deur die wêreldwye reputasie-firma. Dit bevat individue uit diverse sektore, insluitend bestuur, vermaak, menseregte, onderwys en besigheid, wat gekies is op grond van die kriteria soos integriteit, sigbaarheid en impak. Dr. Amadhila wens die dames geluk…