ANC-vieringe gee hupstoot vir Vrystaat-toerisme

Honderde ANC-lede gaan die ANC se 111de verjaardagvieringe in Bloemfontein in die Vrystaat bywoon. Hierdie naweek sal na verwagting ook die ekonomie ʼn hupstoot gee. Die uitvoerende hoof van die Vrystaatse Drank-, Dobbel- en Toerismeraad, Kenny Dichabe, sê die geleentheid sal bydra om binnelandse toerisme te laat groei. Dichabe sê ook die plan is om in staat te wees om groot funksies aan te bied om beleggings te lok.