Dodelike brande in Hawaii saai verwoesting
Inwoners van die dorp Lahaina op Maui in Hawaii moes volgens berigte in die see spring, om veldbrande op die eiland te ontvlug. Volgens die Amerikaanse kuswag, is 12 mense uit die see gered nadat hulle in die water van die vlamme geskuil het. Die brand in Lahaina, is een van minstens sewe brande wat tans verwoesting saai in Hawaii. Wonings en sakeondernemings is vernietig, en sowat 13 000 mense word geraak. Die vlamme word aangeblaas deur sterk wind te wyte aan die orkaan Dora, wat nog etlike honderde kilometer van die eiland af is.