DNS-databasis vir wildmisdaad bekamping, op pad

Die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, sê ‘n nasionale instituut vir forensiese en wetenskaplike ondersoek sal binnekort daargestel word om wildsmisdaad deur middel van DNS-toetse en ander forensiese ondersoeke, te bekamp. Volgens Ndeitunga, word die instituut deur verskeie vennote befonds en sal dit uiteindelik ‘n DNS-databasis van wildlewe skep. Die doel van die databasis is om diere, en diere-produkte wat gestroop is of op beslag gelê is, te kan identifiseer, veral hul oorsprong.