Trump het Pence beledig en gevloek

Oud-president Donald Trump se dogter, Ivanka, het getuienis aan die gekose komitee wat die 6 Januarie opstand ondersoek, gelewer. Tydens die derde openbare verhoor van die komitee, waar baie klem gelê is op die gevaar waarin adjunk-president Mike Pence homself bevind het, is daar bekend gemaak dat Trump Pence die oggend geskakel het. Ivanka sê hulle was almal informeel bymekaar in die Oval Office toe Trump Pence skakel.

Sy sê toe sy die tweede keer in die Oval Office in kom, toe raak die gesprek meer agressief. 

Getuienis lui dat Trump Pence beledig en gevloek het. Hy het hom beskuldig dat hy ‘n lafaard is wat nie die ruggraat het om die regte ding te doen nie en het hom ‘n sussie, die Engelse P-woord, genoem.