Djokovic se appèl is aan die gang

‘n Regter het ‘n aansoek deur die Australiese regering om Novak Djokovic se appèl teen deportasie te vertraag, van die hand gewys. Die regering wou die verdedigende Australiese Ope-kampioen se hofaansoek na Woensdag uitstel maar dit het soos beplan, vanoggend om een-uur Namibiese tyd begin. Djokovic is toegang tot Australië geweier nadat hy verlede week in Melbourne geland het. Die 34-jarige het mediese vrystelling ontvang om in die toernooi te speel ná ‘n besluit wat baie gewone Australiërs, wat onder die wêreld se strengste Covid-19-reëls leef, woedend gemaak het.