Akteur Bob Saget dood aangetref in hotelkamer

Die Amerikaanse akteur en komediant, Bob Saget, is dood aangetref in sy hotelkamer in Florida. Die 65-jarige Saget was veral bekend vir sy rol as die pa in die gewilde sitkom, Full House, wat van 1987 tot 1995 op die kassie was. Personeel by die Ritz-Carlton Hotel in Orlando het die polisie en paramedici gebel wat hom dood verklaar het. Die polisie sê in ‘n verklaring daar was geen tekens van dwelms of gemene spel nie. Saget het pas ‘n komedie-toer deur Amerika begin en het die aand voor sy dood in Jacksonville opgetree.