Warriors behou verswakte ranglys, Gladiators verbeter

Die Brave Warriors het hulle plasing van 112 op die Fifa Wêreldranglys behou. Dit is luidens die jongste verklaring van die sokkerliggaam. Sedert Augustus vanjaar het die span teruggesak van die 106de posisie. Die span is 26ste in Afrika geplaas. Die vrouespan, die Brave Gladiators, het met een verbeter en het opgeskuif van 146ste tot 145ste op die ranglys en is 25ste in Afrika geplaas.