Dis weer tyd vir die inligting- en kommunikasie tegnologie beraad

Die kommunikasie-ministerie bied van môre tot 11 Oktober die sewende nasionale inligting- en kommunikasie tegnologie-beraad by die Mercure Hotel in Windhoek aan. Die beraad sal draai om die tema “Heroorweging van kuberveiligheidsinvestering om die digitale ekonomie en sy geleenthede te beskerm.” Die beraad sal sowat 400 deelnemers en ongeveer 70 plaaslike en internasionale uitstallers bymekaar bring. Hierdie geleentheid dien as ‘n deurslaggewende platform vir die industrie om te beraadslaag, en idees oor heersende bedryfstendense en uitdagings uit te ruil. Daarbenewens sal deelnemers aan die beraad hul innoverende oplossings en dienste ten toon stel. Die ministerie se waarnemende uitvoerende direkteur, Dr. Elizabeth Kamutuezu, deel meer.