Dis nou belangriker as ooit om plaaslik te ondersteun

Met uitdagings in verband met waardekettings en logistieke regoor die wêreld sowel as plaaslik, is daar geen beter tyd om plaaslike produkte te ondersteun en plaaslike vervaardiging ‘n hupstoot te gee. Pieter van Niekerk, die voorsitter van die Team Namibia-raad sê daar is talle voordele aan plaaslike ondersteuning.