Nam kry sy eie tee!

Namibiërs kan nou ‘n lekker koppie tee geniet wat plaaslik vervaardig is. Die Yetu-handelsmerk het ‘n vennootskap met die Zambiese maatskappy Yatu Foods aangegaan en die tee word in die buurland gegroei. Plaaslik is die koffie- en tee-mark ongeveer 160 miljoen dollar jaarliks werd. Die Afrika vryhandel-ooreenkoms maak volgens Yetu die samewerking met Yatu in Zambië baie maklik. Yetu het reeds verlede die maatskappy van stapel gestuur maar dit is gedemp deur die pandemie en inperkings dus, sal daar weer volgende week ‘n bekendstelling wees en die tee behoort binnekort op ons winkelrakke te wees.