Rusland sal SA vra vir Sputnik Light goedkeuring

Rusland gaan skynbaar toestemming van die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte vra vir die gebruik van sy Sputnik Light Covid-19-entstof in die land. Volgens berigte, is Sputnik Light die eerste komponent van sy tweeledige Sputnik V-entstof. Die uitvoerende hoof van die Russiese Fonds vir Direkte Belegging, Kirill Dmitriev, sê die toediening van slegs die Sputnik Light-entstof, toon 70 persent doeltreffendheid teen die virus se Delta-variant: