Dis nie die regte tyd om geld uit te gee nie – ekonoom

Namibiërs is opgewonde om winskopies los te slaan op Black Friday. Baie is onder ekstra druk om te spaar namate die lewenskoste styg. Black Friday is die besigste datum in die kleinhandelkalender. Vorige jare is ‘n inkopie-waansin gesien met lang rye, leë rakke en tonele van klante wat baklei het oor die laaste televisiestel met lae pryse. Ekonoom Cons Karamata gee sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit nie ‘n tyd is vir mense om te spandeer soos voorheen nie, want ons leef in moeilike tye.